SR 2015 begin met ‘n SPLASH!

Die nuutverkose SR van HFM het op 4 September 2014 die gewilde “Ice Bucket Challenge” afgelê. Hierdie challenge word wêreldwyd afgelê en geld word so ingesamel vir onder andere die J9 Foundation, wat gestig is deur Joost van der Westhuizen. Hierdie stigting het ten doel om die publiek bewus te maak van motor neuron siekte (MNS)l.
Die SR het ‘n R 1000 uit hul fonds geskenk vir hierdie goeie saak, en die senior rade van al die ander skole in die Waterberg distrik uitgedaag om ook aan die challenge deel te neem. Hierna het mnr. Collin Campbell, skoolhoof, ook in goeie gees deelgeneem aan die aksie. Hy het ‘n verdere R2000 namens HFM geskenk vir hierdie saak.

38-HFM Bucket Colin38-HFM Bucket SR 2