Limpopo skole jukskei liga

Vyf van HFM se Jukskeispanne het aan die liga deelgeneem op Pietersburg (Polokwane) se bane. Die finale uitslag van die dag was as volg:
Sesde was Pietersburg Hoër met 41,5 punte, vyfde was MEA Privaatskool met 43 punte, vierde was Dendron Skool met 45 punte, derde Hoërskool Tom Naudé met 50,5 punte, tweede was Hoërskool Heuwelkruin met 54 punte en in die eerste plek was Hoërskool Frikkie Meyer met 66 punte.
Dit is die eerste keer in 43 jaar wat HFM die trofee wen.
Op 13 September het HFM se 0/19A seunspan aan die Direkteurstrofee op Krugersdorp deelgeneem. Die span het sewe wedstryde gespeel waarvan hulle ses gewen en een wedstryd verloor met ‘n telling van 8-7. HFM se span eindig derde met die groot totale as volg:
Derde HFM met 57,5 punte, tweede Hoërskool Garsfontein met 64,5 punte en eerste is Hoërskool Monument met 67,5 punte.
Die komende naweek, 27 September neem HFM ook aan die Bondedag vir skole deel. Agt van HFM se leerlinge is gekies vir die Limpopo span om aan die dag deel te neem.