Leersame praatjie by Northam VLU Saterdag 13 September

Die gaste van die dag wat die VLU vergadering bygewoon het was vlnr: Margaret Burger, Adele Langley, Wilma Kok, Tanya Gagiano en Noreen Greyling.
Die gaste van die dag wat die VLU vergadering bygewoon het was vlnr: Margaret Burger, Adele Langley, Wilma Kok, Tanya Gagiano en Noreen Greyling.

VLU Northam tak het vergader op Donderdag 11 September te Swartklip. Nou ja hierdie vergadering was so bietjie anders as hul gewone vergadering. Nadat almal verwelkom is en die formaliteite afgehandel is, het Noreen Greyling ‘n baie interessante praatjie oor seks, uit ‘n Bybelse oogpunt, aangebied.
Baie vrae is gevra oor hierdie onderwerp en het heelwat belangstelling uitgelok en buiten die gewone liefde tussen man en vrou is onderwerpe insluitende pornografie, verkragting, wellus en groepseks ook aangeraak.
Sy het gewys op die vyf belangrike reëls vir intimiteit, eerstens romanse, maak dit lekker vir jouself, Seks het nie ‘n tyd nie, bly eksklusief by een maat, gee en ontvang. Wellus word baie verwar met liefde, veral by die jeug.
Openlike vrae is gevra oor onderwerpe soos masturbasie vir beide geslagte, hoe depressie jou sekslewe kan beïnvloed en hoe skadelik dit vir die verhouding kan wees, hoe sterilisasie of ‘n histerektomie jou sekslewe kan beïnvloed asook die effek van die verwydering van die prostaat op ‘n mans se sekslewe.
Die praatjie was baie leersaam en vrae wat kommer gewek het, kon beantwoord word.
Die gasdames vir die dag was Sandra Janeke en Annatjie Van Der Walt. Northam VLU se volgende vergadering is op 16 Oktober. Indien u deel wil wees van hierdie dinamiese groep vrouens, kontak hul skakelbeampte, Rene Laas by sel: 073 4299 411