Gholfkomitee – Nuwe Gholfkomitee verkies by Thabazimbi Gholfklub

THABAZIMBI – Die nuwe gholf komitee is gekies vir Thabazimbi op 27 Augustus en die komitee is as volg:
Esmé Behrens (voorsitter), Jannie van Graan (Klubkaptein), Louise van Graan (Klubkapteine) en Luzaan Combrink (Sekretaresse).
Addisionele lede is Barend Gerber, Ruan Marx, Cobus Snyman en Riekus de Wet.
Op Woensdag 10 September was die weeklikse “Sundowner” wat geborg is deur Northam Toyota gewen met 21 punte deur Chappies Behrens. Die gelukkige trekking is gewen deur Jakkie van der Wateren.
Saterdag 20 September – Maandelikse slagspel kompetisie en die afslaan is om 11:30.
Saterdag 27 September is ‘n borgdag ten bate van Hoërskool Frikkie Meyer se matriekafskeidfonds (Gr 11 fondsinsameling). Die formaat is ‘n 2-bal keuse bofhou gekombineer met ‘n “Mystery Alliance”.
Hierdie dag beloof om hope pret te wees met uitstekende pryse. Daar word ‘n beroep op Thabazimbi se gemeenskap gedoen om te kom gholf speel. Die baan is in ‘n puik toestand en daar heers ‘n besonderse lekker gees by die Thabazimbi Gholfklub.