Dwaalboom se mooistes

DWAALBOOM – Die meisies was almal mooi uitgedos vir die Mej Dwaalboom skoonheidkompetisie wat op Saterdag 13 September te Laerskool Dwaalboom tydens hul jaarlikse Oesfees plaasgevind het. Daar was ‘n verbasende groot opkoms en in totaal het 42 meisies in hul onderskeie ouderdomgroepe ingeskryf, wat buitengewoon baie vir Dwaalboom is. Die kompetisie het om 19:00 ‘n aanvang geneem en die vermaaklikheidspersoon op die verhoog was Christiaan Kritzinger. Elke deelnemer het haar beste voetjie voorgesit en die beoordelaars het behoorlik moes kopkrap. Die ouers en vriende het almal nader gestaan om hul ondersteuning te kom gee aan al die mooie meisies wat ‘n heerlike en gesellige atmosfeer geskep het en van die geleentheid ‘n heerlike saamkuier gemaak het.

Wenners in die jongste ouderdomsgroep 3-5 was vlnr: Leoné Swanepoel (Tweede prinses), Shané Oosthuysen (Eerste prinses) en Kara Stevensen (Wenner).

Mej Dwaalboom se wenners in die oudste ouderdomsgroep van 14 tot 19 jaar is vlnr Megan Hearne (Tweede prinses), Jo-Lise Butler (Eerste prinses) en Nicole Swanepoel (Wenner).

Die wenners in die afdeling Mej Teen Dwaalboom 10 -13 is vlnr Ankebé Els (Tweede prinses), Bianca de Kock (Eerste prinses) en Phithello Mangena (Wenner).

Daar het 18 pragtige meisies in die Mej Junior Dwaalboom afdeling vir meisies van 6-9 ingeskryf en die wenners is vlnr: Fransumé Prins (Tweede prinses), Rizoné van Room (Eerste Prinses) en Anke Stevensen (Wenner).