Armand Azar verteenwoordig Limpopo Hoërskole Gholf

 

Aramand Azar in aksie by die Magalies Park Gholf toernooi.
Aramand Azar in aksie by die Magalies Park Gholf toernooi.

Die SA Interprovinsiale Junior Gholftoernooi waarby al die provinsies betrokke is, vind van 8 tot 11 Oktober 2014 te Reading Gholfklub,ook bekend as Eye of Africa, te Alberton plaas.
Elke provinsie word deur 8 spelers verteenwoordig wat op ‘n individuele houespel-basis geskied.
Tellings word saamgevoeg en die span met die laagste totale in die toernooi word as wenners gekroon. Daar is ook nasionale kleure betrokke en die 10 spelers met die laagste tellings verkry Provinsiale kleure.
Dit is die tweede jaar dat Armand deelneem. Verlede jaar se toernooi was in Natal met Durban Country Club as een van die bane. Hy het algeheel 18de geëindig uit 88 spelers. Hy was ook die speler in Limpopo wat die beste plek op die toernooi behaal het. Armand word baie sterkte toegewens vir hierdie Junior gholftoernooi.