Jukskei te Polokwane

Vir die 0/19B seunspan is Adriaan Odendaal gekies.
Vir die 0/19B seunspan is Adriaan Odendaal gekies.
0/19A Seunspan is Devin Roelofse en Morné Labuschagne gekies
0/19A Seunspan is Devin Roelofse en Morné Labuschagne gekies

Die afgelope naweek was HFM se jukskei spanne besig. Op Vrydag 5 September was dit die Limpopo Hoërskole liga en HFM het vyf spanne wat deelgeneem het, een dogterspan en vier seunspanne. HFM se dogterspan neem deel aan die o/19B afdeling. Die uitslag is as volg:
Derde Hoërskool Heuwelkruin
Tweede Privaat skool JG Erasmus
Eerste, HFM
HFM se seuns neem deel aan al die afdelings en die uitslae is as volg:
0/16B: derde Privaat skool JG Erasmus, Tweede HFM en eerste Hoërskool Heuwelkruin.
0/16A: Derde HFM, Tweede Gekombineerde skool Dendron en eerste Hoërskool Tom Naudé.
0/19B wen HFM
0/19A: derde Hoërskool Tom Naudé, Tweede Hoërskool Pietersburg en Eerste HFM. Die gesamentlike punte van al die skole is as volg:
Derde – Hoërskool Pietersburg
Tweede – Hoërskool Frikkie Meyer
Eerste – Hoërskool Tom Naudé
Saterdag 6 September het HFM leerlinge deelgeneem aan die keuring vir Bondedag. Wat op 27 September in Pretoria sal plaasvind waar al die ou Transvaal provinsie se skole sal deelneem.
Mnr Booyens word gekies as algemene spanbestuurder van al die spanne asook afrigter van die 0/19B – seunspan. Tannie Joyce du Preez word ook aangewys as afrigter van die 0/16 dogterspan. Sy help met afrigting by HFM.
HFM se vier seuns wat die 0/19A liga gewen het neem eerskomende Saterdag (13 September) aan die skole Direkteurstrofee kompetisie deel wat in Krugersdorp, plaasvind. Hulle is Divan Roelofse, Morné Labushagne, Adriaan Odendaal en Jonathan Viljoen. Ses leerlinge is gekies van HFM as verteenwoordigers in die Limpopo span.
HFM se leerlinge het hul puik gedra en dit was ‘n voorreg om met hul saam te kan gaan.