HFM Krieket

37-HFM foto 1Die o/15 HFM krieket span het op 6 September teen Stanford Lake College te staan gekom. HFM se boulers begin baie goed en met baie goeie boulwerk, boul HFM vir Stanford uit in die 10de beurt vir slegs 18 lopies. Nimroe Lategan (foto) doen briljant en vat agt paaltjies en staan net 7 lopies af in sy vyf beurte. Kevin Mulder en Dewan Deysel neem elk een paaltjie.