Hengel: Visse maar traag om te byt

Die wenners I sheelagter vlnr: Jan Botha, Willie Pieters, Piet Bezuidenhout en Tommy Swanpoel, Middel: Sally Lourens, PJ Bezuidenhout, Martin Scheepers en Johann Fourie. Voor: Theaan Scheepers en Tommy Swanepoel. Heel voor: Reagan Reed, Nico Botha en MJ Klopper.

Die Thabazimbi Hengelklub het die afgelope naweek hulle maandelikse kompetisie by die dam van Adries Pretorius aangebied. Die afgelope week se kouefront het die vis egter traag gemaak om te byt en het dit maar onder omstandighede moeilik gegaan om die vissies aan die hoek te kry. Die wenners is bepaal deur die swaarste sakke vis wat ingeweeg is. Hier is elke afdeling se wenners.
Swaartse sak – Seniors: Is Tommy Swanepoel eerste, Piet bezuidenhout tweede en Willie Pieterse derde.
Vir die swaartst sak – meesters is Jan Botha eerste.
Swaarste sak – dames is Sally Louwrens eerste.
Swaarste sak – junior is Martin Scheepers eerste en Johann Fourie tweede.
Swaarste sak – penkoppe. PJ Bezuidenhout eerste, Tommie Swanepoel tweede en Theaan Scheepers is derde.
Swaarste sak – Cubs het MJ Kloppers eerste geindig, Reagan Reed tweede en Nico Botha derde.