Vyf geslagte

36-5 geslagteVyf geslagte van Pistorius bymekaar. Almal nasate van tannie Elsie en Hennie Pistorius van Thabazimbi. Ouma Elsie is reeds baie verswak en het daarop aangedring dat die foto geneem moes word. Die vyf geslagte op die foto begin by ouma Elsie in die middel van die foto. Heel regs is haar seun Ben Pistorius en links van ouma Elsie is haar kleinkind Emsie Pretorius, heel links is Emsie se dogter, Juroné Breet, terwyl oupa Ben sy kleinkind, Juney, dogter van Juroné vashou. Ouma Elsie het 8 kinders gehad waarvan 2 oorlede is; 27 kleinkinders waarvan 1 oorlede is; 40 agterkleinkinders waarvan 1 oorlede is; en 1 agter-agterkleinkind van 4 jaar en nog 2 oppad.