Veiligheid-netwerksessie en optog teen plaasmoorde

THABAZIMBI – Afriforum hou vandag Vrydag 5 September 16:00, ‘n veiligheids netwerk sessie. Die sessie sal by die Trollope/Trophy Breeders saal op die Thabazimbi Skouterrein gehou word.
Die idee is om ‘n gekoördineerde netwerk saam te stel teen misdaad in ons hele area. Alle veiligheids maatskappye in die dorp moet asseblief betrokke wees, asook GPF lede van die hele area. Inwoners van Thabazimbi word ook gevra om betrokke te raak.
Afriforum, in samewerking met die vriende van wyle Christine Robinson, hou Saterdag oggend 6 September 2014 ‘n optog teen plaasmoorde in die dorp. Memorandums gaan aan die Polisie oorhandig word om plaasmoorde ‘n prioriteitsmisdaad te maak. Dra wit klere indien moontlik. Alle persone wat wil deelneem moet Saterdag 6 September om 09:00 te Thaba Park byeenkom. ‘n Roete deur die dorp en terug na Thaba Park sal gevolg word.