Thabazimbi skopboks

Op die foto vlnr: Adelle, Pat Carney, Peet van Breda en Jackie Brits.
Op die foto vlnr: Adelle, Pat Carney, Peet van Breda en Jackie Brits.

Die afgelope naweek is professionele en “super fights” aangebied in die Valhalla lugmag basis deur “SOUTH AFRICAN AMATURE KICKBOXING ORGANISATION” SAAKA.
Onder andere het bekendes soos Paul Rothman van Pasella faam as swaar gewig geveg vir die titel en ook gewen.
Die hoogte punt van die aand was egter Thabazimbi se Jackie Brits wat ‘n enorme geveg gehad het om dan ook haar wen aan te teken in die vyfde ronde van hul geveg. Dit is ‘n uiters besondere prestasie en hoogte punt van haar skopboks loopbaan wat reeds op vyf jarige ouderdom begin het. Jackie is dan ook besig met voorbereiding vir die wêreld kampioenskappe vir seniors, later vanjaar
Namens Thabazimbi Skopboks klub en haar sussie in Brits wens ons Jackie geluk met haar uitsonderlike prestasie en sterkte met die volgende groot uitdaging.