Thaba verloor geliefde inwoner

Daan Marshall is op die ouderdom van 70 oorlede op 26 Augustus. Hy laat sy vrou, Christa en drie kinders agter.
Daan Marshall is op die ouderdom van 70 oorlede op 26 Augustus. Hy laat sy vrou, Christa en drie kinders agter.

THABAZIMBI – Thabazimbi het een van sy bekende en geliefde inwoners, Daan Marshall op die ouderdom van 70 jaar en 9 maande op Dinsdag 26 Augustus verloor na ‘n siekbed. Die roudiens het op Saterdag 30 Augustus vanuit die Hervormde kerk Thabazimbi plaasgevind.
aan was ‘n bekende figuur in die Thabazimbi gemeenskap. Gebore op 15 November 1943 in die Soutpansberge, geskool op Louis Trichardt en later Pietersburg (Tom Naudé waar hy ook hoofseun was) het Daan na skool eers by die gevangenisdiens op Barberton gewerk en daarna in Pretoria by die staatdiens.
Op 24 jarige ouderdom trou hy met Christa van Dorsten en hulle het drie kinders, Deon, Arma en Marius. In 1972 vestig Daan hom en sy gesin in sy geliefde Thabazimbi waar hy 42 jaar gelukkig gewoon het.
Hy was bekend as verteenwoordiger van Old Mutual en later ABSA makelaar, maar ook as eerste rugbyspan kaptein, lid van die skoolbeheerraad, atletiekafrigter, atletiekafsitter, lid van die kerkraad, ywerige visserman en natuurliefhebber.
Die laaste 4 jaar was hy werksaam by die Hervormde Kerk waar hy homself uitgeleef het in die opknapping en instandhouding van die kerkterrein asook voorbereiding vir die jaarlikse karnavaal. Sy vriendelike diens en hulp aan ‘n ieder en elk sal altyd onthou word.