Suurlemoen in Super KunsteGrot

THABAZIMBI – Suurlemoen, ‘n Afrikaanse fliek spesiaal gemik op die tieners en jongmense asook die jonges van gees, word Vrydag 12 September landwyd bekendgestel, asook in Thabazimbi naamlik by Die Super KunsteGrot om 19:00 en Saterdagoggend, 13 September, om 11:00. Suurlemoen – geÏnspireer deur Jaco Jacobs se gelyknamige baie suksesvolle jeugboek en vertel die storie van twee tieners, Tiaan en Zane, wat lief is vir skaatsplank ry, blog en kitaar speel. Dis ‘n storie vir die hele gesin wat handel oor grootword, verantwoordelikheid neem vir jou keuses en drome wat waar kan word as jy dit hard genoeg jaag… “…want girls hou van ouens in rock bands!?”
Die rolverdeling is as volg: Tiaan – Tiaan Kelderman; Zane – Ben Pienaar; Liezl – Aimee Ritchie; Bongi – Pearl Monama en Chris Chameleon as mnr. Marx.
Kaartjies sal by die deur beskikbaar wees teen R50 per persoon. Alle seniorburgers kry vir die Saterdagoggend vertoning gratis toegang, bring dus vir Ouma en Oupa ook saam.
Vir meer inligting kontak Rita by 083 7448559.