Penguins swem laat die water spat

BEDFORDVIEW – Drie van Penguins swemklub se swemmers is gekies om Limpopo te gaan verteenwoordig by die “Interprovincial Small Province Gala” wat Saterdag 23 Augustus by St Benedicts Collage in Bedfordview aangebied was.
Die drie leerlinge is gekies van verlede jaar se top drie vinnigste tye in die verskillende ouderdomme van Limpopo. Dit het uitstekend gegaan en die Penguin swemskool skop die seisoen af met van hul beste tye. Limpopo het algeheel twee geëindig tydens die Interprovinsiale klein Provinsie Gala.