VLU Strewe tak se maandelikse vergadering

Erika Welgemoed met “broomstick”
Erika Welgemoed met “broomstick”

SENTRUM – Die Strewe VLU tak het op Dinsdag 12 Augustus hul vergadering gehou by Gerda Kotzé op Sentrum.Dit was ‘n besige oggend waar Melanie Benade ons geleer het om te “Prik en Stik”.
Die handewerk is om o-gaatjies in papier te druk, en met ‘n spesifieke vorm met gare ‘n kunswerk te vorm. Vir die kompetisie in 2015 moet die VLU dames drie kaartjies inhandig. Susan Schoeman leer die dames toe van ‘broomstick Lace’, dit is ‘n hekelvorm wat net soos kant lyk. Geluk aan Ilna Schutte wat weer die skakel is vir die strewe tak en sterkte aan Gene Pretorius wat verhuis het na Parys OVS.