Smart Brain Kleuters besoek dokters en tandartse

Tannie Seugnet, die Mondhigienis by Thaba Medi Dental het aan die kleuters van Smart Brain gewys hoe hulle mooi na hulle tandjies moet kyk. Elkeen het ook ‘n beurt gekry om op die stoel te ry.
Tannie Seugnet, die Mondhigienis by Thaba Medi Dental het aan die kleuters van Smart Brain gewys hoe hulle mooi na hulle tandjies moet kyk. Elkeen het ook ‘n beurt gekry om op die stoel te ry.

THABAZIMBI – Smart-Brain se Vlinderklas, het verlede week besoek by Thaba Medi Dental in Thabazimbi afgelê as deel van hulle les wat die week aan tandartse en dokters gewy is.
Mondhigiene is belangrik vir kleuters aangesien hulle in dié stadium besig is om primêre tandjies te ontwikkel. Op ‘n X-straal kan jy dadelik sien dat die permanente tande reg bo die primêre tande sit.
Daaglikse versorging is dus uiters belangrik. Dit sluit in die korrekte borselmetode. Die mondhigienis het vir hulle gewys om in klein sirkeltjies te borsel, twee keer ‘n dag, met die hulp van mamma en pappa.
Die korrekte grootte tandeborsel speel ook ‘n groot rol. Vir elke ouderdom is daar ‘n spesifieke grootte. ‘n Gesonde dieet, wat kalsium insluit, ook baie belangrik. Almal weet mos dat ‘n appel ‘n dag hou die tandarts weg.
Dis belangrik dat ouers kleuters vanaf ‘n vroeë ouderdom na die tandarts of mondhigienis, te bring sodat dit gewoonte vormend raak en vrese wat mag bestaan te oorkom.
Vir afsprake om tande skoon te maak, en kinders te bring vir n ondersoek kan hulle Thaba-Medi-Dental skakel, 014 7721169.