Loslitdag – 5 September

casual-day-logoWat is die tema vir die jaar se Loslitdag?
Die Loslitdag-tema vir die jaar is “Bring out the Bling” oftewel “Blink kant bo!” Dink aan iets om te dra, en maak dit tien keer blinker omdat dit vanjaar Loslitdag se 20ste verjaarsdag is.
Die projek behoort aan en word beheer deur Die Nasionale Raad vir Persone met Liggaamlike Gestremdheid in SA en word jaarliks georganiseer deur die raad se Loslitdag span.

Hoe kan jou werkplek deelneem?
Organisasies neem deel aan die projek deur die infrastruktuur van die projek, om fondse in te samel vir die dienste wat hulle aan persone met gestremdheid lewer. Donasies van R10 per plakker is belangrik aangesien ons so die nodige fondse kan insamel ter ondersteuning van persone met gestremdhede se regte tot onderwys, behuising, opleiding, toeganklikheid en werkskepping te ondersteun… met ander woorde, volle inskakeling in die gemeenskap.
Plakkers is ook beskikbaar by enige Absa, Shoprite, Game en DionWired winkels.
Jou bydrae kan ‘n groot verskil maak in die lewens van hulle wat met hulle gestremdhede moet saamleef. Koop‘n plakker en doen jou deel.