HFM Sport uitslae

Die HFM 1/14 A span reis na Klerksdorp vir die beeld finaal wat hul teen Ben Vorster gespeel het en verloor 17-0. Binne die eerste helfte HFM die senterpaar aan beserings en latere beserings ontwrig die span.
Ben Vorster slaag toe daarin om die HFM span te intimideer met harde rugby en hul so op hul agtervoet en onder druk gehou. HFM behaal ‘n tweede plek in die Beeld Kompetisie en ontvang ‘n silwer medaljes, toksakke en kepse. Baie dankie aan elke ouer, onderwyser en leerling vir die ondersteuning deur die seisoen – die span is trots om Frikkies te wees.

Die Eerste Krieketspan het die afgelope naweek teen Merensky van Tzaneen gespeel. Hul wen die loot en gaan kolf eerste. HFM teken 108 lopies aan en word uitgeboul in die 34ste beurt. HFM se beste kolwers was André Mostert met 28 lopies, Johan Harmzen, Benhard van Rensburg met 16 lopies elk. Merensky gaan kolf en teken die wentotaal aan in die 20ste beurt. HFM verloor die wedstryd met ses paaltjies. Die boulers wat goed geboul het was Armand Azar met 1/22 in ses beurte. HFM speen hierdie komende naweek teen Ben Vorster op Tzaneen.

Die tweede krieketspan van HFM kolf eerste en teken 184 lopies aan teen Seshego. Die beste kolwers was Willem vd Merwe met 45. Wian Fourie met 36 en Hansie v Staden met 33 lopies. Seshego word uitgeboul vir 66 lopies waar Hansie v Staden 4 paaltjies neem vir 24, Brent Myburg neem 3 Paaltjies vir 7 lopies en Adriaan de Lange neem 2 paaltjies vir 21 lopies. HFM se tweede krieketspan wen met 118 lopies.

Gholf verslag van Vrydag 22 Augustus is as volg: Drie van die HFM leerders het Vrydag die skool gaan verteenwoordig by die jaarlikse Limpopo proewe by Koro Creek in Nylstroom. Ananda Lategan en Zander Azar (twee van HFM se junior gholf spelers) het hard probeer en tel waardevolle ervaring gedurende die dag op.
Armand Azar, HFM se gholf kantien, presteer egter puik en word vir die tweede jaar in ‘n ry gekies vir die Limpopo span en gaan die Limpopo provinsie verteenwoordig in die Nasionale Kampioenskappe later die jaar. Baie geluk Armand.