Hengel: Juniors spat water in seniors se oë

Agter vlnr Joe Klopper, Tommy Swanepoel, Hannes Scheepers en Willem Heydenrych. Middel Deon Bender, Martin Scheepers en Nicolene Heydenrych en voor MJ Klopper en Reagan Reed.
Agter vlnr Joe Klopper, Tommy Swanepoel, Hannes Scheepers en Willem Heydenrych. Middel Deon Bender, Martin Scheepers en Nicolene Heydenrych en voor MJ Klopper en Reagan Reed.

THABAZIMBI – Die Thabazimbi Hengelklub het die naweek van 16 Augustus hulle maandelikse kompetisie aangebied en dit het plaasgevind by Willie Roux se dam. Die wind was uiters onplesierig en het Hengeltoestand baie moeilik gemaak. Ondanks die ongure weer het almal dit geniet en die wenners is aangewys deur die hengelaars wat die meeste punte bymekaar gemaak het. Punte is verower deur 10 punte per vis en 10 punte per kilogram.
Vir die verskillende afdelings is dit as volg:
Meeste Punte Seniors: Hannes Scheepers (1), Joe Kloppers (2) en Tommy Swanepoel (3).
Meeste Punte Meesters: Willem Heydenrych.
Meeste punte vir die dames afdeling was Nicolene Heydenrych.
Meeste Punte Juniors: Martin Scheepers (1) en Deon Bender (2).
Meeste Punte Cubs: MJ Klopper (1) en Reagan Reed (2).
Baie van die afdelings het nie tweede en derde plekke nie, oor daar nie vis gevang is nie.