Soutpansberg Skaarswildstudiegroep Wildveiling

Niel die Buffelbul wat klaar 46.4” meet, is op ‘n ouderdom van 5.4 jaar opgeveil vir R6.6miljoen.
Niel die Buffelbul wat klaar 46.4” meet, is op ‘n ouderdom van 5.4 jaar opgeveil vir R6.6miljoen.

Dit het ’n maraton-veiling van net oor die 6 ure geneem om die 187 lotte skaarswild wat gedurende die Soutpansberg Skaarswildstudiegroep se veiling op Vrydag 8 Augustus op Bela Bela gehou is, op te veil. Altesaam 444 diere is aangebied.
Die hoogtepunt van die veiling was ongetwyfeld die buffelbul “Neil” van DVM Farming wat reeds 46.4” meet op 5.4 jaar ouderdom. Die koper wat bereid was om R6,6 miljoen vir hierdie uitsonderlike dier te betaal was Pieter Oosthuizen Boerdery. Altesaam 46 buffels is aangebied. Die hoogste prys vir ’n buffelkoei is R850 000 deur Buffalo Ranch Trust betaal vir ’n jong dragtige koei van Tshipise Buffalo.
Volgens Niel Swart, afslaer van Vleissentraal Bosveld wat die veiling aangebied het, het kleur-variasie baie goed verkoop. ’n Jong saalrugram van 8 maande behaal R1,6miljoen terwyl 5 swart split rooibokooie dragtig van ’n saalrug ram vir R260 000 stuk verkoop.
Ander spesies wat aangebied was, was onder andere 81 swartwitpense, 95 njalas, Livingstone elande en vele meer.