Netwerksessie – Sakekamer kuier met SEDA

Kom geniet ‘n aand saam met die Thabazimbi Sakekamer volgende week. Ons het ‘n baie interessante onderwerp wat deur Steve Botha van SEDA aangebied gaan word.”
Woensdag 27 Augustus 17:30 vir 18:00 Skouterrein. Bring eie drinkgoed
SEDA staan vir Small Enterprise Development Agency, en hierdie agentskap is deel van die dti (Department of Trade and Industry). SEDA is gestig in Desember 2004 en hulle mandaat is om die regering se klein-besigheid strategie te implementeer; om ‘n gestandaardiseerde en algemene nasionale verspreidingsnetwerk te ontwerp en implementeer; en om klein ondersteunings-agentskappe wat deur die regering geborg word oor alle vlakke van die regering te integreer.
Hul missie is om klein besighede regdeur Suid-Afrika te help ontwikkel, te ondersteun en te bemark om sodoende hul groei en volhoubaarheid te verseker.
Hierdie sal beslis ‘n uitstekende netwerksessie wees waarby besigheidseienaars groot baat sal vind. Moenie dit nie misloop nie.
Vir meer inligting, skakel gerus vir Estie Steenkamp (Sekretaresse- Thabazimbi Sakekamer) by Cell: 082 328 4586 of die Voorsitter, Jacques Blaauw, by Cell: 083 303 9230.