Baba-fotokompetisie wenners









THABAZIMBI – Medhof het hierdie jaar die skou baba-fotokompetisie geborg en die wenners is vir die verskeie afdelings afgekondig op Saterdag 2 Augustus. Gelukkig kon al die deelnemers met geskenkies wegstap en nie net die wenners nie. Daar was nege afdelings van 3 tot 6 maande tot 5 tot 6 jaar. Die tema vir hierdie jaar se kompetisie was matrose.