HFM Skaak

RUSTENBURG – Die afgelope naweek van 1 tot 2 Augustus het ses HFM leerlinge aan die Rustenburg Hoërskole skaak liga deelgeneem in die 0/19 afdeling.
Twee van die leerlinge word aangewys as bordwenners en eindig in die eerste plek. Baie geluk aan Hannelie van Rensburg en Adriaan Odendaal. Hulle ontvang elkeen ‘n goue medalje vir hulle prestasie.
Jonathan Viljoen en Vernorica van Deventer wen elkeen vyf van die sewe rondtes en eindig in die derde plek. Riaan Pieterse wen vier en speel twee gelyk op. Riaan eindig in die derde plek. Igee Theron wen vier rondtes en eindig in die algehele vyfde plek.
As span presteer Frikke Meyer as volg:
Wen Grenville 6-0, wen Rustenburg A 4-2, Wen HF Thlou 4-2, wen Hoër Tegniese skool 4-2, wen Grenswag A 6-0 en wen Rustenbug C 5-1.
Verloor ongelukkig teen Lebone met een punt en Frikkie Meyer kry twee en ‘n halwe punte teenoor hulle drie en ‘n half.
Frikkie Meyer eindig dan in die algehele tweede plek met slegs een punt agter Lebone.
Elke leerling ontvang ‘n silwer sertifikaat asook ‘n silwermedalje vir hulle puik prestasie. Baie geluk aan elkeen van julle.