Hengel gaan groot

THABAZIMBI – Die afgelope hengelkompetisie het Sondag 19 Julie by die Northam Konsentrator plaasgevind. Die kompetisiewenners is bepaal deur die swaarste sakke vis wat ingeweeg is. Die kompetisie het amptelik om 07:00 begin en daar is tot 15:00 gehengel. Alhoewel dit redelik koud was, het dit nie die hengelaars afgeskrik nie. Die onderskeie afdelings se wenners was as volg gewees.
Swaartse Sak was vir die Cubs afdeling was Jana Bezuidenhout. Die penkoppe afdeling se wenners met hul swaarste sake was eerste PJ Bezuidenhout, tweede
Tiaan Swanepoel en derde Tommie Swanepoel. Die dogter wat die swaartse sak vir haar afdeling gevang het was Chenique Swanepoel. Junior wenners was Deon Bender eerste, Don Pieterse tweede en Theuns Heydenrych derde. Swaarste Sak dameswenners was Nicolene Heydenrych, tweede Meliza Nepgen en derde Sally Louwrens. Die senior mans wenners van die swaarste sakke was Tommy Swanepoel, tweede Charles Blom en derde Piet Bezuidenhout.
Die Meesters was Jan Bender eerste en Jan Botha tweede. Baie geluk aan almal wat deelgeneem het.