Laerskool Thabazimbi krieketspelers by oefenkamp


THABAZIMBI – Die o/11 en 1ste krieketspanne van L/s Thabazimbi het gedurende die vakansie ‘n baie geslaagde oefenkamp te Jubaweni bygewoon en wen drie van die vier wedstryde wat gespeel is.
Uitblinkers met die kolf was Morne Pistorius, 90 lopies, Gerhard le Roux met 73 lopies en Hendré Wolmarans met 63 lopies. Douw van der Walt het 9 paaltjies geneem wat insluit 2 driekunste. Gerhard le Roux het 6 paaltjies geneem.
Die 1ste span wen twee van die vier wedstryde. Uitblinkers met die kolf was Daniel Pretorius met 140 lopies en Henco van Staden met 96 lopies. Craig Erasmus het 8 paaltjies geneem en Daniel Pretorius 7 paaltjies.