Mej Thabazimbi Wildsfees
THABAZIMBI – Hierdie immergewilde skoonheidskompetisie het hierdie jaar weer groot aftrek geniet tydens die Wildsfees wat op 28 Junie op Hoërskool Frikkie Meyer se sportvelde aangebied is. Dit was ‘n heerlike dag en die meisies het pragtig gelyk waar elkeen die beste voet voorgesit het toe hulle ‘n draai op die loopplank gemaak het. Die beoordelaars moes mooi kyk, want elke meisie het haar beste gelewer. Die jongste ouderdomsgroep, dametjies tussen 3 en 6 jaar het die gehoor gaande gehad met hul mooi rokkies.



