Amandelbult hengel-potjie kompetisie
AMANDELBULT – Die Amandelbult hengel klub het op Saterdag 7 Junie ‘n potjiekos kompetisie gehou en so te sê 100 deelnemers en toeskouers het dié dag geniet.
Daar is boeresport gehou tussen die potjiekos makery en daar is ook ‘n “comic” van die dag aangewys.
Die komitee wil hiermee almal bedank wat teenwoordig was by die potjie pot dag, hulle het baie pret gehad saam en dit was ‘n baie wonderlike dag. Die Klub wil hiermee Harlow Civils en Thaba Boog en Hengel bedank vir hulp en teenwoordigheid, vir Chantall Barnard vir al haar moeite en tyd en ook vir die beoordelaars wat ‘n suksesvolle taak verrig het. Groot beplanning word reeds gedoen vir volgende jaar vir hierdie spesiale dag en die hoop word uitgespreek dat almal weer daar sal wees. Die Amandelbult Hengel klub gaan in Julie/Augustus ‘n oorslaap visvang kompetisie hou by die Amandelbult wildskamp se damme. Hou Kwêvoël dop vir inskrywings ens.





