Ysters pak mekaar op Bela-Bela!
BELA BELA – Naelbyt rugbywedstryde is die afgelope naweek tydens die Provinsiale uitspele te Bela-Bela gespeel en Laerskool Thabazimbi se o/10-span het die finaal met 10–7 teen Laerskool Pietersburg-Oos gewen en met die wentrofee as Provinsiale Wenners huis-toe gekom.
Dit was ‘n aksiebelaaide dag waartydens al die wenners en naaswenners van die onderskeie Groot, Medium en Klein skole van reg oor die provinsie mekaar die stryd aangesê het.
Laerskool Thabazimbi het met al ses sy rugbyspanne aan die uitspeelwedstryde deelgeneem met groot sukses!
Die eerste span, o/9-span, o/11-span en derde span het elk in die semifinaal gespeel. Die tweede span het in die finaal teen Laerskool Pietersburg-Oos gelykop gespeel met 10 punte elk. Die skool en die gemeenskap is baie trots op al ses hierdie spanne.

Nortier, Kobus Marais, Juan de Koker en Stiaan Joubert. Agter: Johann Greyling, Henko van der Linde, Mark de Bruin, Kabelo Chiloane, ZW Pienaar, Karabo Chiloane saam met hul afrigter, mnr Ockie Eversohn.
