Oornag hengelkompetisie in die koue
THABAZIMBI – Die Thabazimbi hengelklub het die naweek van 31 Mei – 1 Junie ‘n kompetisie by Andries Pretorius aangebied. Die manne was baie braaf en het dit ‘n deurnag kompetisie gemaak oor twee dae naamlik Saterdag en Sondag.
Ondanks die koue het ‘n hele paar hengelaars aan die kompetisie deelgeneem. Alhoewel die visse skaars was as gevolg van die koue wat tot benede vriespunt gedaal het, is daar ‘n paar mooi visse gevang deur oud en jonk.
Die hengelklub groei by die dag en is seker een van die enigste klubs met soveel afdelings. Eer word aan die ouer gardes bewys en ‘n afdeling is spesiaal vir hulle daargestel naamlik, Meesters, hierdie is vir hengelaars 50 en ouer.
Wenners is bepaal deur die hengelaars met die swaarste sak vis. Die wenners in elke afdeling was as volg:
Swaarste sak seniors: 1stee Tommy Swanepoel, 2de Renier Coetzee en 3de Jan Louw.
Swaarste sak meesters: 1ste Jan Bender, 2de Jan Botha.
Swaarste sak dames: 1ste Nicolene Heydenrych, 2de Sally Lourens en 3de Martie Fourie.
Swaarste sak juniors: 1ste Johann Coetzee, 2de PJ Bezuidenhout en 3de Tommie Swanepoel.




Kurpers het 590g geweeg.

Swaarste sak cubs: Ewald Botha.

