Thaba by Comrades
Die groepie Thabazimbi atlete wat aan die Comrades gaan deelmeen het, het ‘n verrassing gehad toe hulle die Comrades Legende, Bruce Fordyce, raakgeloop het. Op die foto is vlnr: Mariet Barnard, Zanie van Rensburg, Bruce Fordyce, Moks Pelser, Lenette Swanepoel, Susan Snyman en Vanesca Joubert.
Foto links: Zanie het haar persoonlike beste bereik. Haar tyd was 8:20:16 (vorige beste was 8:36). Daarby het sy ‘n 10e plek behaal in haar ouderdomskategorie (40-50jr)
Die ander atlete van Thabazimbi se uitslae was: Michelle (9:51), Annake (10:36), Lizelle (10:37), Cindy (10:56), Susan (11:35), Lenette (11:35), Janine (11:40) en Pieter (11:23).