Amandelbult Barber Kompetisie
AMANDELBULT – Die hengelaars het Saterdag 24 Mei hul jaarlikse barberkompetisie gehad by die Amandelbult Concentrator dam. Daar was ‘n totaal van 68 barbers met die gewig van 186.2kg gevang.
Die kompetisie het Saterdagoggend om 07:00 begin en het op 14:30 tot ‘n einde gekom. Aanbieders van die dag was Amandelbult club met Chantall en Coenie Barnard as die organiseerders. Hierdie was die tweede keer wat hierdie dag gehou was en weereens was dit ‘n sukses gewees. Die kompetisie sal weer volgende jaar gehou word om die eerstejaar se rekord te breek van 2.5 ton die eerstejaar.



