SAVF fonds insameling
THABAZIMBI – SAVF Thabazimbi het ‘n R1000 Shoprite koopbewys uitgeloot ter versterking van die Hansie en Grietjie kleuterskool. Hulle het met die uitloting ‘n totaal van R6400 gein en kan daarmee die 51 kinders wat in hulle skool is se skoolfonds laer hou.
Daar is pryse gegee aan die leerling wat die meeste kaartjies ook verkoop het en sy, Oratile Mpofy het dié prys gewen, nadat sy R570 se lootjies verkoop het.

