Rugbyspelertjies van Laerskool Thabazimbi het die naweek 9 en 10 Mei 2014 gaan deelneem aan die Provinsiale Rugby Kampioenskappe te Polokwane. Hulle het reeds Vrydag vertrek, aangesien die 0/12 seuns reeds Vrydag deelgeneem het. Willie Potgieter (foto) van Laerskool Thabazimbi is die enigste o/12 seun wat ‘n plek in die Provinsialespan gekry het.Die o/13 Seuns van Laerskool Thabazimbi het eers Saterdag gespeel en die spelers wat plek in die Provinsialespan gekry het is vlnr: Carel Rohrbeck, Tshiimiswa Nemavhola, Jacques Byleveld en Ruan Jordaan.