Thabazimbi Skopboksspan begin die jaar goed
Thabazimbi se skopboksspan het hul staal gewys en heelwat medaljes ingepalm gedurende die afgelope skopboks toernooi wat in Pretoria aangebied is. Op die foto is vlnr voor: Enzo Vorster, Hanno du Toit (twee goue medaljes) en Ruben Vorster. Ry 2: Hendry Lynn. Ry 3: Wihan Lynn (twee silwer); Jandre Lynn en Jackie Pretorius (twee silwer). Agter: Rohan Erasmus (goud); Vicus Venter (goud); Stefan Joubert (goud); Francois Buys (goud) en Marius Joubert. Afwesig :Jackie Brits –(goud) en Willem Henning (goud en silwer).