VLU Bosveldstreek leef die lewe!

Lede en gaste van die Vroue Landbou Unie Bosveldstreek het op 5 Maart in gietende reën hul 19de konferensie in Thabazimbi gehou.

“Oral waar ons gaan, moet ons die musiek van die lewe kan hoor!” se Tharina Rossel, presidente van VLU Noord, wat die opening van die konferensie waargeneem het. Sy het gesels oor die tema van die jaar, “Leef die lewe!” Sy het gewaarsku dat mens nie die lewe as vanselfsprekend moet aanvaar nie. Confucius het gesê: “Wees hartlik, vriendelik, regverdig, sonder wroeging: Leef so!”  Die halfte van ‘n mens se geluk hang af van fisiologiese faktore, die ander halfte word saamgestel uit 10% omstandighede en 40% keuses, het sy verduidelik. Daarom is ‘n mens se keuse so belangrik; moenie uitstel nie!

Die gasspreker, Marianthie van der Walt, het gesê dis belangrik om nie bloot te bestaan nie, maar om te leef. J Addison het gesê: “Happiness is to have something to do, something to love and something to hope for.”  Sy het die gehoor aan die giggel en lag gehad tot die trane gerol het met ‘n paar lag-terapie-oefeninge.

Annetjie Dreyer, is herkies as streeksvoorsitter van Bosveld. Sy het lede bedank vir hulle deelname en betrokkenheid deur die jaar. Hettie Vermaak is verkies tot beoordelaarsameroeper vir die streek.

Top presteerders is vereer vir hulle harde werk. Een van die mees verdienstelike lede, mev Hannetjie du Plessis van Northam, wat aangewys is as die VLU Persoonlikheid van die jaar. Me Dreyer het haar bedank vir jare lange getroue en entoesiastiese diens aan die organisasie. Die Top Tak was Northam, met Steenbokpan en Baltimore in die tweede en derdeplekke.

Die skakelbeampte van die jaar is Mev. Maritsa Jacobs van Beauty.

Lede het in verskeie afdelings meegeding en die wenners was as volg:

Die tak met die meeste punte was Beauty, met Alma, Ellisras en Northam kort op hulle hakke. Ellisrastak het die Blommetrofee verower.

Lid met die meeste punte:in die eerste plek, Mari Meintjies (Northam), tweede, Marieta Folkus (Beauty)en Annelise Maritz (Ellisras) in die derde plek. Marieta Folkus het toekennings gekry vir die meeste punte op streeks- en provinsiale artikels, asook die trofee vir die meeste pryswennende artikels. Twee spesiale pryse is toegeken aan twee lede van Steenbokpantak, nl. Lorraine Frost vir haar lappop wat 90% behaal het, en Surita Steenkamp se foto wat 96% behaal het en ook vir haar die trofee vir mees verdienstelike artikel, verower het.

Lede met die meeste punte in die onderskeie dissiplines was as volg:

Borduurwerk: Annette Swart (Alma) en Wilma van der Merwe (Vaalwater)

Breiwerk: Di York (Alma)

Gebak: Trudie de Beer (Alma)

Handvlyt:Hannie Yssel (Alma)

Hekelwerk:Mara Lottering (Beauty)

Masjienwerk:Marieta Folkus (Beauty)

Preservering: Marika van Zyl (Ellisras) en Martie du Plessis (Beauty).

Die nuwe en ou bestuur van Bosveldstreek VLU (vlnr): Annetjie Dreyer (herkose streeksvoorsitter), Joan Beukes (Skakelbeampte), Ria Strydom (Tessouriere), Tharina Rossel (Presidente VLU Noord), Hettie Vermaak nuut verkose (Beoordelaarsameroeper en vise van Hardekoolkring), Angie Potgieter (sekretaresse) en Ilana Venter (uittredende beoordelaarsameroeper).

Gaste geniet die VLU Bosveldstreek Konferensie in ‘n sopnat Thabazimbi (vlnr):  Elana Greyling (VLU Noord skakelbeampte), Annelie Ehlers (Voormalige Soetdoringstreeksvoorsitter), Mev Venter (Gas), Desiree Kruss (Voormalige Bosveldstreeksvoorsitter), Monica Human (Soetdoringstreeksvoorsitter), Tharina Rossel (Presidente, VLU Noord), Marianthie van der Walt (Gasspreker) en Annetjie Dreyer (Bosveldstreeksvoorsitter).