Sport

Hengelaars by Olifantsnekdam

THABAZIMBI – Die Thabazimbi hengelklub het die naweek van 1 en 2 Maart ‘n kompetisie by Olifantsnekdam, naby Rustenburg, aangebied.  Die weer was uiters onplesierig, maar kon nie die geesdrif van die hengelaars demp nie. Die kompetisie het op Saterdagmiddag 14:00 begin en op Sondag 14:00 geëindig.  Die wenners is bepaal deur die swaarste sak gevang. 

12-Hengel GroepAl die wenners vlnr: Sally Lourens, Tommy Swanepoel, MJ Klopper, Deon Bender, Charl Nel, Charles Blom, PJ Bezuidenhout en Bernice Blom.