General

Bosveld Akademie gaan op leierskamp

THABAZIMBI – Elf leerlinge van Bosveld Akademie, vergesel van drie onnies, het ‘n onvergeetlike leierskamp vanaf 14 tot 16 Maart bygewoon. Die kamp is gehou op die “Bushveld Game Farm” naby Nylstroom. 

Die leerlinge het gewissel vanaf Gr. 6 tot Gr. 9 en is in twee spanne verdeel: die Sekels en die Blitse.

Mededinging was intens maar vriendskaplik. Die hoofdoel van die kamp was om te fokus op leierseienskappe. Albei spanne het met groot geesdrif aan die aktiwiteite deelgeneem: ontwerp van ‘n spanwapen, die bou van ‘n skuiling, nagmars, konsert, hindernisbaan, lanternbekruip, “paintball,” moddergeveg, .22 – skiet, waterbakke aangee, 3 been – sokker en natuurlik afkoel in die swembad.

Daar bestaan geen twyfel dat die leerlinge verryk en gestimuleer teruggekeer het huis toe nie.

Die leiers bestaande uit Ockert Goosen, Anton Barnard, Juandré Barnard, Louis Trichardt, Van Zyl Fouché, Ian Botha, Quinton Mori, Donè Roets, Anica Goosen, Anika Nortjè en Lizaan Appelgryn is vergesel deur hul onderwysers, Juffrou Anelda van Deventer, Meneer Oeloff Schutte en Coach Christine Swart.

12-Bosveldakademie leierskamp

Wat is nou lekkerder as om met bietjie modder in die veld besmeer te word?