Vloedwaters tref Bosveld

11-Krokodilrivier11-ou vaalwaterpadDie afgelope paar weke se reën het baie skade in Thabazimbi se omliggende distrikte, vanaf Lephalale tot by Vaalwater, aangerig. Op die foto onder is die ou Vaalwaterpad, wat ook die verbinding met Thabazimbi is, totaal onder water soos die Mogol oor sy walle gestoot het. Links is die vlak wat die Krokodilrivier by Thabazimbi beriek het toe dit omtrent op sy hoogste was.