Kettingbotsing tussen vier voertuie

AMANDELBULT – In die vroegoggendure, om en by ses uur, Maandag 10 Maart, was daar ‘n kettingbotsing regoor die hoofstore van Amandelbult op die Thabazimbi-Northam pad.

Die ongeluk is vermoedelik veroorsaak deur ‘n onbedagsame en onveilige bestuurder. Die bestuurder het na bewering net ewe skielik gestop om ‘n voetganger op te laai, sonder enige waarskuwing vir die voertuie agter hom. Geukkig is niemand ernstig beseer nie, maar daar is wel nekbeserings opgedoen toe die twee voertuie en twee busse in mekaar vas gery het.

11-Ketting botsing 10 Maart (1)11-Ketting botsing 10 Maart (5)

Die kettingbotsing wat op 11 Maart plaasgevind het op die Northam-Thabazimbi pad.