Sport

Koedoeskop Atleet

10-Laerskool Koedoeskop

Vyf van Koedoeskop se atlete het Vrydag, 28 Februarie, aan die provinsiale atletiekbyeenkoms deelgeneem. Chane Ras het ‘n persoonlike beste gestoot in die gewigstoot o/13, met ‘n afstand van 10,64m. Chane het met die pragtige prestasie eerste geëindig op Provinsiaal, waar sy ook kwalifiseer vir SA’s.  Sy gaan gedurende die Maart vakansie aan die SA kampioenskappe deelneem wat in  die Kaap plaasvind. Op die foto is sy saam met haar afrigter, mnr Flip de Kock .