Sport

HFM atlete Provinsiale uitslae

THABAZIMBI – Limpopo se Provinsiale atletiekbyeenkoms is Saterdag 1 Maart in Polokwane aangebied. Al die skole in Limpopo is by hierdie byeenkoms betrek waaraan 21 atlete vanaf Hoërskool Frikkie Meyer ook deelgeneem het.Hierdie atlete behaal vier eersteplekke, vyf tweede-, drie derde-, 5 vierde- en agt vyfdeplekke.

Atlete wat eersteplekke behaal het was Gerda Volman (hoogspring Do/19), Antonie Grobler (Driesprong So/15), ZW van Deventer (diskus So/17) en Brendan Vermaak (gewigstoot So/15).

Tweedeplekke het gegaan aan ZW van Deventer (spiesgooi So/17), Ludwich Pieterse (gewigstoot So/19), Michael Payne (driesprong So/ 15), Wiané Schoeman (diskus Do/19) en Ludwich Pieterse (diskus So/19).

Derdeplekke is behaal deur William Thulare (300m hekkies So/15), Petro Horn (driesprong Do/15) en William Thulare (Kort Hekkies So/15).Al die vierdeplekwenners was in die ouderdomsgroep o/15. Hulle was Petro Horn (300m hekkies), Michael Payne (hoogspring), Linmirie Ras (driesprong), Nelson Mamabolo (Kort Hekkies) en Buks Duvenhage (hoogspring).

Die atlete wat vyfdeplekke behaal het was Michelle van der Sandt (diskus Do/17 en gewigstoot Do/17), Marie Pienaar (verspring Do/19), Reginald Moeng (100m So/15), Leané du Plooy (100m Do/17), Kgotso Sekoboane (100m) en Righard Vink (verspring So/17 asook diskus, So/17). Die Provinsiale span en atlete wat Provinsiale Kleure verwerf het gaan eers Maandag, 10 Maart aangekondig word. Die volgende byeenkoms wat die SA Junior Nasionale byeenkoms is, vind plaas op 28 en 29 Maart te Pietersburg.

10-HFM provinsiale atlete 3

 

Op die foto is van die atlete van HFM wat aan die Limpopo Provinsiale atletiekbyeenkoms deelgeneem het, wat Saterdag 1 Maart op Polokwane aangebeid is. Hulle is voor vlnr: Petro Horn, Leané du Plooy, Gerda Volman en Michael Payne. Eerste ry: Antonie Grobler, ZW van Deventer en Ludwich Pieterse. Tweede ry: Brendan Vermaak en Righard Vink. Heelagter: Wiané Schoeman.