Ons lesers skryf
Die spreekwoord se; “Liewer laat as nooit.” Daarom wens ek hiermee my hartlike dank te betuig aan ALMAL, gedurende my verblyf in die Medi Clinic -hospitaal gedurende 21 – 27 Nov. 2013, aan my hulp verleen en bygestaan het in baie gevalle!
Dit behels elkeen wat gehelp het met vervoer na-en-van die hospitaal vir Doktersbesoeke en dies meer. Dr Mart-Marie wat haar baie goed van haar taak gekwyt het; die personeel van die hospitaal; voorrade en blomme wat deur ‘n Bosveldoorder aan gery is; Annelie en Ronel wat ekstra nagklere gaan koop het;besoeke van Ds. en Mev. Appelgryn; Dirk en Ronel en die Kemnas; al die SMS’e; Dirk en Ronel en ander.
My hartlike dank aan Ds. Van der Linde en Ds. Appelgryn wat, toe ek op 21 Nov. op “parool” uit die hospitaal gelaat was vir die aanbieding van die Mini-Kersspel, vir hul hulp daarmee en aan Ds. Appelgryn wat op ‘n krisis-oomblik ingegryp het gedurende die aanbieiding. Ook dank vir die gemmerbier van Bosveldoord se kant af en die gebruik van Immergroen se sitkamer; die eerste 2 nagte na my ontslag by Dirk en Ronel en die talle goeie wense vir ‘n spoedige herstel en ‘n geseënde Kersfees van baie vriende en kennisse!
Nogmaals baie dankie aan almal. Dit het beslis bygedra tot my voordeel!
– Marietjie Loubser
