Ongeluk eis jong tiener se lewe
THABAZIMBI – Die sewentien jarige Ruben Steenkamp is op Sondag oggend 2 Maart 2014 om ongeveer 03:00 oorlede in ‘n tragiese motorongeluk in Diederickstraat. Ruben was die jongste seun van Julius en Francis Steenkamp van Thabazimbi. Almal wat met Ruben te doen gehad het of hom geken het, is dit eens dat hy ‘n baie besonderse tiener seun was. Sy afsterwe laat ‘n groot leemte en hy sal baie gemis word. Die begrafnisdiens vind plaas op vandag, Vrydag 7 Maart vanuit die Hervormde Kerk Vliegepoort om 15:00.