Huis Tambotie ontvang skenkings
THABAZIMBI – Huis Tambotie ontvang skenkings van Thabazimbi se eie motorfiets klub, naamlik Ghost Riders. Die klub het verlede jaar hul “Day Jol” gehou vir fondsinsamelings vir instansies wat geld nodig het.
Een van die instansies waarop besluit was om te help, is Huis Tambotie. Die klub het Tannie Marie Steenekamp gekontak en uitgevind waar ‘n tekort is en hulle het op 20 November 2013 die eerste paar pakkies afgegee wat bestaan het uit water kraffies, glase, broodbord, koffie, tee en suiker houers, ens.
Ghost Riders klub het die uitstaande bestelling van hulle skenking verlede Vrydag, 28 Februarie, oorhandig aan Tannie Marie.
Die Ghost Riders motorfiets klub het met daardie “Day Jol” hul harte oopgemaak. Die ander twee instansies wat gehelp is, is Helpende hande waar hulle steeds besig is om in te samel. Die derde projek waar hulle hulp verleen is ‘n behoeftige gesin wat anoniem wil bly.
Groot planne vir verdere fonds insamelings is reeds ver gevorder en hulle beplan om ‘n hele aantal verdienstelike projekte te steun.

