THABAZIMBI – Twee leerkragte van Hoërskool Frikkie Meyer is aangewys as keurders vir Limpopo skole-rugbyspanne.
Na aanleiding van die prestasie van die Limpopo rugbyspanne in verlede jaar se nasionale toernooie, is besluit om keurders deur middel van ‘n keuringsproses aan te stel. Die aansoekers is genooi vir onderhoude te Polokwane waartydens die Curriculum Vitaes (CV’s) voorgehou is en die kwalifikasies geverifieer is.
Hoërskool Frikkie Meyer het twee keurdersposte verwerf. Mnr Glen van Rooyen is aangewys as keurder vir die senior spanne en hy tree ook op as sameroeper van die keurkomitee. Mnr. Johan van Rensburg is aangewys as lid van die o/16 keurkomitee.
Regs: Op die foto vlnr: Mnre Johan van Rensburg en Glen van Rooyen wat as nasionale skole-rugbykeurders vir Limpopo aangewys is.

