Top Stories

Pampoen sorg vir Oumense – Vrygewige Koedoeskop boere maak ‘n verskil

THABAZIMBI – ‘n Allemintige R100 795 is verlede Donderdag ingesamel ten bate van Tambotie Versorgings-eenheid en Huis Immergroen tydens ‘n veiling wat deur sowat 45 boere bygewoon is.

Boere van Koedoeskop hou elke jaar ‘n kompetisie om te sien wie die grootste pampoen kan kweek en dis tydens die prysuitdeling wat daar ‘n veiling gehou word om fondse in te samel vir liefdadigheid. Elke jaar se wenner moet die opvolgende jaar se kompetisie reel. Gert Ehlers van G.J. Ehlers Boerdery was 2013 se wenner en het dus hierdie jaar borge ingesamel om op te veil. Verskeie besighede van Thabazimbi, Koedoeskop en Brits het ‘n verskeidenheid van groot pryse geborg.

Die gasheer van elke jaar se kompetisie kan besluit waarheen die fondse gaan, en daar is hierdie jaar besluit om dit aan te wend vir die Tambotie Versorgings-eenheid en Huis Immergroen.

Hierdie bedrag geld ten bate van Huis Immergroen en Tambotie Versorgings-eenheid (wat ‘n groot rol speel in die versorging van die dorp en omgewing se oumense), sou nie ingesamel kon word, was dit nie vir die groot borge deur verskeie sakeondernemings nie.

Die volgende ondernemings het bygedra: T.D. Smit Rewinders, Diesel Electric Brits, AB Labour Services, Victor Potgieter Makelaars, Nedbank Thabazimbi, Krokodilkraal Lugbespuiting, AFGRI Brits, Obaro Koedoeskop, Omnia Kunsmis, Koedoeskop Kunsmis, Ehlers Elektries, WES Voere, Bearing Man, Leadwo

Raymond Jacobs is die wenner van die grootste pampoen vir vanjaar se kompetisie. Op die foto sit Raymond by sy reuse pampoen wat die skaal op 113kg getrek het.
Raymond Jacobs is die wenner van die grootste pampoen vir vanjaar se kompetisie.
Op die foto sit Raymond by sy reuse pampoen wat die skaal op 113kg getrek het.

od Lodge, Buffel Beton, Laeveld Agrochem en Kransberg Petroleum.

Gert en Chris Ehlers van GJ Ehlers Boerdery, verlede jaar se wenners van die kompetisie, oorhandig ‘n tjek vir R100 795 aan ds Dirk Laufs en tannie Marie Steenekamp wat dit namens Tambotie Versorgingseenheid en Huis Immergroen in ontvangs neem.
Gert en Chris Ehlers van GJ Ehlers Boerdery, verlede jaar se wenners van die kompetisie, oorhandig ‘n tjek vir R100 795 aan ds Dirk Laufs en tannie Marie Steenekamp wat dit namens Tambotie Versorgingseenheid en Huis Immergroen in ontvangs neem.