General

Oudste stukkie aarde gevind

Washington – Wetenskaplikes het bevestig dat ‘n piepklein sirkoonkristal, wat in 2001 in die weste van Australie ontdek is, is met ‘n ouderdom van 4,4 miljard jaar die oudste stukkie aarde wat nog ontdek is.

Volgens die navorsers dui ontdekking dui die daarop dat die aarde se kors gevorm het betreklik kort nadat die planeet self gevorm het. Die kristal was volgens wetenskaplikes deel van die jong aardkors.

Om die kristal se ouderdom te bepaal, het wetenskaplikes eers ‘n wyderkende metode gebruik gegrond op die radio-aktiewe afbreking van uraan tot lood oor lang tydperke. Omdat sommige wetenskaplikes egter skepties is oor die metode is ‘n tweede gesofistikeerde tegniek, bekend as atoompeil-tomografie, gebruik om die datering te bevestig.

Die aarde self het 4,5 miljard jaar gelede as ‘n bal vloeibare rots (magma) gevorm en die aardkors het sowat 100 miljoen jaar later gevorm. Die ouderdom van die sirkoonkristal dui daarop dat die aardkors slegs 160 miljoen jaar na die vorming van die sonnestelsel gevorm het.

Dit ondersteun die idee van ‘n sogenaamde “koel, jong aarde” met temperature wat oseane en selfs lewe sou kon ondersteun. – Reuters