Barneys Kleuterskool hou eie Interhuis
NORTHAM – Barney’s Kleuterskool het Vrydag 21 Februarie hul jaarlikse interhuis atletiek geniet by Barney’s Kleuterskool se gronde. Die ouderdomme van 18 maande tot 5 jaar het deelgeneem en dit vreeslik geniet, ten spyte van die weer.
Die kinders is in twee spanne opgedeel naamlik die Bullfrogs en die Little Tigers. Die Little Tigers het met die sangbeker weggestap.

