Sport

Pikkewyne blink uit

TZANEEN – Die pikkewyne van Thabazimbi se Penguins swem klub het aan die Shanu Sprint Gala deelgeneem op 15 Februarie te Tzaneen. Hierdie talentvolle swemmers het teen die hele Limpopo provinsie se swemmers deelgeneem.

Die Penguins swem klub se swemmers het uitgeblink en 11 medaljes verower en het drie rekords verbeter.

Uitslae is as volg: Johan Bezuidenhoudt het derde gekom in die 50m rugslag item, Elize Botha het in derde plek geeindig tydens die 50m rugslag item en verbeter haar wissel slag met 20 sekondes. Wico en Dirk Botha verbeter albei hul wissel slag tye met tussen agt en tien sekondes. Wilmien Schutte het haar beste tye vir die seisoen geswem en behaal derde plekke in die 50m vlinderslag, 50m rugslag en 50m vryslag items.

Anmarie Schutte het ‘n brons medalje verwerf in die 50m vlinderslag item en swem ook haar beste tyd vir die seisoen.

Die Penguins wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om hul dank uit te spreek teenoor almal wat ‘n bydrae gelewer het gedurende die gholfdag waartydens hulle fondse ingesamel het om HFM se swembad te verhit.

08-Swem medaljes

Foto links:

Die Penguin Swem Klub se medalje wenners wat by die Shanu Sprint Gala deelgeneem het op Saterdag 15 Februarie. Agter vlnr: Wilmien Schutte, Rhoné Rheeders (afrigter) en Anmarie Schutte. Voor: Johan Bezuidenhoudt, Danele Botha, Elize Botha, Wico Botha en Dirk Botha.

08-Penguin Danele rekords

Foto links:

Hierdie sewe jarige talentvolle swemmer, Danele Botha, van Penguins Swem Klub in Thabazimbi, het op Saterdag 15 Februarie drie rekords gebreek en in ‘n vierde item tweede geëindig. Die 25m vlinderslag item se rekord verbeter sy met ‘n hele drie sekondes, die 100m individuele mengeling(IM) rekord verbeter sy met 20 sekondes en 25m vryslag verbeter sy die rekord met vier sekondes en eindig in die tweede plek met die 25m borsslag item.